Thursday, 6 November 2014

Wat weet jy van bakstene?

Aangesien ons nou die Afrikaanse blog op die been bring het ek sommer besluit daar nie enige oderwerp uitgelaat sal word nie. Ons is mos al mooi groot en almal het verskillende belangstellings. By voorbeeld, iemand wat 'n restaurant oopmaak sal natuurlik oor geld wil praat of iemand wat onlangs 'n baba gehad het sal oor kinders wil gesels.
Hopelik is iemand wat hier lees aan die bou, want vandag ondersoek ons bakstene. Terloops, as jy bouplanne het and bakstene moet kies wat jou bouwerk sal komplimenteer is daar menige baksteen verskaffers in Johannesburg wat aan jou vereistes sal voldoen. Van gewone bou stene reg deur tot sierstene.

Kom ons kyk na die interesant kant van bakstene.  Het jy geweet:
  • Bakstene sny verhittings kostes met 'n groot persentasie. Klei bakstene hou die hitte van die son en wanner dit koeler raak, laat die baksteen die gestoorde hitte geleidelik weer in die lug uit.
  •  Klei bakstene is duursaam en kan die ergste winde en reen weerstaan
  • Die kleur van 'n baksteen word vasgestel deur die tipe minerale in die klei en die temperatuur waarop die baksteen gebak word. Hoe hoër die temperatuur van die oond hoe rooier die baksteen.
  • bakstene sorg ook vir minimale vermorsing van boumateriale.
  • Die lewensduur van 'n baksteen kan dekades na meer as 'n honderd jaar strek
  • Sorgvuldige herwinning kan sorg dat bakstene weer gebruik kan word.
Klei bakstene is oor die algemeen baie gewild want hulle help om kostes te verminder omdat dit nie nodig is om n klei baksteen te verf nie.  Daar word geen verf of pleidter werk verlang nie. Die klei baksteen se gesig is die gesig van die gebou daarom sal die kleur en tekstuur van belang wees wanneer klei bakstene of sierstene gekies word.

Clay-brick.co.za in Johannesburg het 'n groot verskeidenheid baksten om van te kies, kyk gerus na hulle webwerf of gaan maak by hulle 'n draai.

Laat weet maar as daar iets is waaroor julle lus het om te gesels.

Monday, 20 October 2014

Tyd vir 'n Afrikaanse 'blog'

Ek het op Google se vertalings applikasie gaan kyk of daar 'n woord is wat ek vir 'blog' kan gebruik wat nie die Afrikaanse bladsy na n' swak poging om kontemporêr voor te kom laat lyk nie.  Maar daar is nie een nie, so bly dit dan 'n blog.

Hierdie blog gaan bietjie ondersoek instel op die alledaagse, op dit wat gebeur sodat die wêreld aanhou draai. Die goed wat ek en jy as vanselfsprekend neem, gaan ons van 'n bietjie nader bekyk. Die internet is propvol interessant inligting en die wat meer prakties is. waar ons kyk sal afhang van wat ons op die dag wil weet of uit vind.

Dis juis vandag, na die naweek se nuus van al die lelike goed wat mense aan mekaar doen dat ons bietjie gaan kyk na die verskillende maniere waarop mense hul eiendom kan beveilig.  Ek praat nie van alarms en sekuriteits maatskapye nie. Hulle gebeur mos van selfsprekend.

Wat ek wil weet is wat het jy om as afwering teen misdaad te offer. Die alarm begin eers gil as die boewe binne is en teen die tyd dat die sekuriteits ouens opdaag is die misdaad al gepleeg en booswigte skoonveld. Soveel misdaad neem plaas omdat daar niks is wat die proses hinder nie.  Dit moet vir hulle moeilik gemaak word om die misdaad to pleeg.

'n Dood gewone muur, sal 'n gesoute inbreker meer baat is afsit, hy sal in 'n japtrap oor die muur en binne die erf wees waar hy tot sy lus kan doen nes hy wil want daar is niemand om hom te sien nie.
As daar elektriese heinings bo-op die muur is sal hy dalk twee keer dink maar dis nie veel van 'n afskrik nie.

Wat nodig is, is om dit moeilk vir 'n inbreker te maak om sy kwaad aan te jaag.  Gesweisde maasdraad heinings of 'Mesh Fencing' en palisade is die antwoord.

Mesh omheinging
Dit sorg dat dir perseel van buite af gesien kan word, en as jy binne is sal jy maklik op die buitewereld 'n ogie kan hou. Daar is geen wegkruip plek vir 'n kwaad doener nie.  En van oorklim  is daar amper geen sprake nie. Die gatjies tussen die drade is te klein vir vinger of voet en as iemand sou probeer kan die hele wereld sien.
Dis die soort heining wat jou veiliger laat voel terwyl jy met jou tuin spog.


Palisade omheining
'n Palisade omheining lyk nie net sterk nie, met daai skerp punt wat heel bo is sal enige skurk twee keer dink.  Want as hy gaan sukkel om binne te kom gaan hy sukkel om weer uit te kom en dan sal hy sekerlik gevang word.

Die voorlopers in omheinings as sekuriteit is Mesh Fencing en Hi Tech Palisade Fencing Company en ons gaan nog baie met en oor hulle gesels want sekuriteit is deesdae nommer een op ons gedagtes.

Ons wil natuurlik nie hierdie blog laat lees soos 'n plaaslike koerant se msdaad bladsy nie. Ons gaan sommer net lekker gesels oor allerlei goed en van die internet gebruik maak om op hoogte te bly met wat om ons aangaan.